Testimonials
Beste Anton
Hoe kan ons ooit genoeg dankie se vir julle ondersteuning tydens ons Jaarlikse Kinderhuisbal. Vind aangeheg n fotoblad.
Ons het R 220 000. met die funksie gegenereer wat ons tot voordeel van die 144 kinders in ons sorg kan aanwend.
Nogmaals baie dankie!!
Johanna Strauss
Johanna Strauss
Manager Marketing and Fundraising
Durbanville Children's Home
Subject: Rhebokskloof
My son and daughter-inlaw are meantime visiting S.Africa and prior to their departure I was showing them the photographs I took when my late husband and I were on holiday-during 1991/92. It took back very happy memories We visited various wineries and I particularly remember Rhebokskloof where we had an excellent lunch and saw the black swans. I think at that time the ladies room was decorated with dark wood and rose patterned porcelain! I was so delighted with it I actually took a photograph but unfortunately cannot lay my hands on it at the moment. My husband did laugh when I told him I had taken a photograph of the ladies room!! I simply had to look up Rhebokskloof on the internet and once having done it I just had to contact you - not for any reason other than to let you know that after all these years I still have fond memories of our trip to Rhebokskloof and S. Africa At that time our eldest son & family were living in Cape Town so we spent 3 months with them.
(Mrs) Doris Somers
Subject: Kurt Darren
Nicola en die Rhebokskloof-span
Julle mag maar ... ons het Sondag Kurt Darren se vertoning bygewoon en van vroegmiddag op jul grasperke gelꠥn ook piekniek gehou. Was dit nou nie lekker nie, ons het 'n WONDERLIKE tyd gehad (die kinders inkluis).
Julle het julle UITSTEKEND van jul taak gekwyt en alles was PERFEK! Julle kan BAIE trots wees op al jul reelings en voorbereidings.
BAIE DANKIE dat julle Kurt vir ons gebring het - dankie dat julle Rhebokskloof beskikbaar gestel het - julle kan gerus in die toekoms dit weer doen !!!
Puik, Ongelooflik lekker en 'n Vertoning wat ons altyd sal onthou - die atmosfeer en die omgewing, die son en die koel lafenis van die windjie het alles bygedra tot DIE BESTE vertoning ooit !! BAIE DANKIE ! Julle is 'n wenspan met 'n wenner van Rhebokskloof ... hou so aan !
Groete van julle buurplaas : Pieter en Berdine Loock
subject : Thanks
message : We visited your wine farm for the first time ever yesterday - we had a truly awesome experience. Superb, wine, food, venue and music - please, please add me to your mailing list! Thankyou for everything!
Subject: RE: Rhebokskloof Black Marble Hill Reserve wins Syrah du Monde
Fantasties!!!! Baie geluk soos altyd is julle net beter as al die ander.
Groete
Beth Jacobs Ferreira
Subject: OmmiBerg Voucher - Baie dankie
Hallo Nicola
Ek het met die OmmiBerg-dag, 'n "voucher" van jul gewen d.m.v. die Burger.Ek en my man het verlede Sondag my prys, 'n piekniekmandjie en bottel sjampagne op jul pragtige grasperk, langs die dam, geniet. Ek wil net vir jul baie, baie dankie daarvoor en dat ons dit verskiklik geniet het. Die vriendelike ontvangs by die restaurant, die rustigheid en lekker eet en drink, was alles vir ons baie heerlik. Nogmaals baie dankie vir dit alles.
Groete
Sandra Perlotto
Subject: Baie dankie
Beste Siebrits jnr en personeel
Ek wil weereens langs hierdie weg vir julle bedank vir ‘n heerlike genotvolle aand in ‘n pragtige omgewing aangevul met kos en wyn van die hoogste gehalte. Sit daarby julle puik diens en gasvryheid en ek kan nie aan ‘n beter plek dink wat tipiese Suid-Afrikaanse gasvryheid uitstal nie. Komplimente aan die chef. Groete en voorspoed met julle pragtige plek wat julle met sveel sorg bedryf.
Frans en Lucette van Niekerk
Subject: Uitstekende diens baie dankie!
Aan die bestuur Rhebokskloof
Op Dinsdag 11 Augustus het ek twee belangrike gaste vir ete na Rhebokskloof restaurant vir middagete geneem vir 'n spesiale besigheidsafspraak. Ek het vooraf met Marcellus en Elton gereel en was werklik so beindruk met die diens wat ek ontvang het. Vandat ons by die voordeur ingeloop het totdat ons gegroet het was alles van hoogstaande gehalte. Ons het vlakvark voorgereg, skaapnek wat soos murg proe en death by chocolat geniet. Die Shiraz 2006 goudwenner was voorwaar uit 'n boek uit!
Dit is 'n voorreg om bure te he op wie 'n mens kan staatmaak vir dienslewering. Beide die gaste, Radi van Zyl wat saam met Whitey Basson van Checkers werk en ook Yolanda Botha, hoof van die staande komitee van Welsyn kon nie uitgepraat raak oor die diens en heerlike kos nie. Baie baie dankie vir Elton, Marcellus, Jaques, Naboe en Selma vir die "heerlike ervaring"! Radi was voorheen 'n kosrubriekskrywer by die Burger en het gese dat hy verseker weer 'n besoek gaan bring.
Doen so voort!
Eurica Scholtz
Algemene Bestuurder
La Ferme Derik







